Piet Hugo-eersterugbyspan spog met nuwe hemde, sakke
Laerskool Piet Hugo se eerste-rugbyspan het Dinsdagoggend spoggerig met hul splinternuwe hemde en sportsakke gepronk net voor hul vertrek op ‘n rugbytoer na Hoedspruit. Die span beplan om hul skool se naam tydens ‘n rugbytoer na Laerskool Mariepskop hoog te hou en die spelers was in hul noppies met die pragtige nuwe uitrustings wat hulle …
Laerskool Piet Hugo se eerste-rugbyspan het Dinsdagoggend spoggerig met hul splinternuwe hemde en sportsakke gepronk net voor hul vertrek op ‘n rugbytoer na Hoedspruit.
Die span beplan om hul skool se naam tydens ‘n rugbytoer na Laerskool Mariepskop hoog te hou en die spelers was in hul noppies met die pragtige nuwe uitrustings wat hulle ontvang het. Besighede wat die span help borg het, sluit onder meer Hensa Rentals, Just Diesel Polokwane en Vencor in. Ander borge het verkies om anoniem te bly.
Waarnemende skoolhoof, Werner Christou sê dat die skool dankbaar vir elke borgskap is. “Die spelers het baie uitgesien na die toer en lyk baie netjies en professioneel in hul nuwe hemde,” sê Christou.
Die spelers kon nie wag om hulle hemde oor hulle koppe te trek nie en die sportsakke het handig te pas gekom toe hulle vir die toer moes pak.
Tydens die toer sal spelers
geleentheid kry om hulle rugbyvaardighede op te knap en teen rugbyspelers van ander skole kragte te meet. Hulle gaan ook aan verskeie aktiwiteite soos avontuurwatersport deelneem.
‘n Rugbykliniek word ook tydens die toer as voorbereiding vir die rugbyseisoen aangebied.
Hoof foto: Onderkaptein en kaptein van Laerskool Piet Hugo se eerste-rugbyspan, Mulweli Mudau en Franco van Dyk met hul geborgde hemde.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com


Spelers van Piet Hugo se eerste-rugbyspan in die toerbus net voor hul vertrek. Theo Weidemann, Werner Kotze, Franco van Dyk (kaptein) en Thabiso Maila.




