BB Ford Polokwane borg Laerskool Pietersburg-Oos-rugbyspanne
Rugbyspelers van Laerskool Pietersburg-Oos het Dinsdag nuwe rugbytruie van BB Ford Polokwane, hoofborg van Osierugby ontvang. Thys de Kock, handelaarshoof van BB Ford Polokwane het tydens die oorhandiging gesê dat dit vir die firma ‘n voorreg is om op ‘n deurlopende basis by die skool se rugby betrokke te wees. “Ons gaan die skool verder …
Rugbyspelers van Laerskool Pietersburg-Oos het Dinsdag nuwe rugbytruie van BB Ford Polokwane, hoofborg van Osierugby ontvang.
Thys de Kock, handelaarshoof van BB Ford Polokwane het tydens die oorhandiging gesê dat dit vir die firma ‘n voorreg is om op ‘n deurlopende basis by die skool se rugby betrokke te wees.
“Ons gaan die skool verder gedurende die seisoen van toerusting en hulpmiddels voorsien,” het De Kock gesê.
Gideon Pelzer, skoolhoof, het sy dank teenoor BB Ford Polokwane vir hul volgehoue ondersteuning uitgespreek.

Hoof Foto: Eersterugbyspanspelers van Oosskool pronk met hul nuwe truie. Hulle is Bart Horn, Luca Ferreira, Morné du Plessis, Leon Prinsloo en Phillip van der Merwe, voor, met Morné Henning, Paul Erasmus, Bernick Bezuidenhout, Marco Forrester, Risima Sambo en Efan Meyer in die eerste ry. In die tweede ry is Enrize van der Walt, Johanco van Niekerk, Dirkco van Tonder, Leon Potgieter, Keanu van Wyk, Owen Faber en Wiehan Edwards met Amie Smit (afrigter), Thys de Kock (BB Ford Polokwane handelaarshoof), Gideon Pelzer (skoolhoof) en Jacques Swart (verkoopsbestuurder BB Ford Polokwane), agter.
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com



