BusinessNews

Amarillo Spur ondersteun Kansa Polokwane

Die publiek wat Amarillo Spur Mall of the North op 26 April besoek, kan daarna uitsien om deur personeellede van Kansa bedien te word. Willem Bronkhorst, een van die bestuur­ders by die familierestaurant vertel dat Kansa-personeel die aand deur kelners tussen 18:00 en 21:00 bygestaan gaan word om kliënte met uithalerdiens te bedien. Plakkers sal …

Die publiek wat Amarillo Spur Mall of the North op 26 April besoek, kan daarna uitsien om deur personeellede van Kansa bedien te word.
Willem Bronkhorst, een van die bestuur­ders by die familierestaurant vertel dat Kansa-personeel die aand deur kelners tussen 18:00 en 21:00 bygestaan gaan word om kliënte met uithalerdiens te bedien.
Plakkers sal op die tafels beskikbaar wees waarmee kliënte op hulle rekening kan aandui of hulle Kansa Polokwane wil ondersteun. ‘n Gedeelte van die bedrag sal dan aan die organisasie gaan,” sê Bronkhorst.
Die familierestaurantgroep hou gereeld landswyd geleenthede om verdienstelike organisasies te help met geldinsamelings­projekte.
Gemeenskapsmobiliseerder van Kansa Polokwane, René Robberts sê 10 van hulle personeellede gaan kelners die aand help en hulle is dankbaar vir die geleentheid om geld in te samel. “Ons sien vreeslik uit. Die publiek moet ons asseblief kom ondersteun.”

Foto: Leandri van Schalkwyk – Willem Bronkhorst, een van die bestuurders by Amarillo Spur Mall of the North saam met René Robberts, gemeenskapsmobiliseerder van Kansa Polokwane.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button