BusinessNews
Borge ondersteun Tommies se rugbyspelers
Opgewondenheid het hoog geloop toe borge Vrydag nuwe rugbytruie en wedstrydbroeke aan rugbyspelers van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé oorhandig het. Marten Gobey, takbestuurder van Buco Polokwane Sapphire, het die truie aan lede van die o.14A-span oorhandig en gesê dat dit vir hom ‘n voorreg is om by die skool betrokke te wees omdat hyself …
Opgewondenheid het hoog geloop toe borge Vrydag nuwe rugbytruie en wedstrydbroeke aan rugbyspelers van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé oorhandig het.
Marten Gobey, takbestuurder van Buco Polokwane Sapphire, het die truie aan lede van die o.14A-span oorhandig en gesê dat dit vir hom ‘n voorreg is om by die skool betrokke te wees omdat hyself ‘n oudleerder is.
Stefan Kruger, algemene bestuurder van Apcan, het broeke oorhandig wat tydens kragmetings aan die speler van die wedstryd gegee sal word. “Ons wil graag op ‘n deurlopende basis by die skool betrokke wees,” het Kruger gesê.
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Die o.14A-rugbyspan van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé met die nuwe rugbytruie wat hulle van Buco Polokwane Sapphire ontvang het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



