BusinessNews

Motorreuse in bloedskenkvete

Volkswagen Polokwane het Dinsdag in samewerking met die SANBS ‘n bloedskenkkliniek op hul perseel aangebied en oë laat rek met die hoeveelheid bloed wat die span gesamentlik geskenk het. Die motorhandelaar het hul klante, bure en sakekennisse uitgenooi om ook tydens hierdie geleentheid te skenk. Skakelbeampte van die SANBS, Dottie Pinn sê Dinsdag se skenking …

Volkswagen Polokwane het Dinsdag in samewerking met die SANBS ‘n bloedskenkkliniek op hul perseel aangebied en oë laat rek met die hoeveelheid bloed wat die span gesamentlik geskenk het.
Die motorhandelaar het hul klante, bure en sakekennisse uitgenooi om ook tydens hierdie geleentheid te skenk.
Skakelbeampte van die SANBS, Dottie Pinn sê Dinsdag se skenking was die grootste wat hulle nog van hierdie motorhandelaar gekry het en het die doelwit van 20 eenhede oorskry.
Die presiese aantal eenhede wat geskenk is kan nie bekend gemaak word nie, aangesien Volkswagen die span van Limpopo Toyota uitgedaag het om te sien wie die meeste skenk. Limpopo Toyota se bloedskenkveldtog vind môre (Vrydag) plaasvind.

Percy Funchall van Volkswagen Polo­kwane en bloedkundige van die SANBS, Aletta Sukubala. Megan Bosman van BMW Polokwane Dins­dag in die skenkerstoel by Volkswagen Polokwane se bloedskenkkliniek.
Percy Funchall van Volkswagen Polo­kwane en bloedkundige van die SANBS, Aletta Sukubala.
Megan Bosman van BMW Polokwane Dins­dag in die skenkerstoel by Volkswagen Polokwane se bloedskenkkliniek.

LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button