Windpompfees beloof pret vir hele gesin
Dis weer Windpompfeestyd van 28 tot 30 Mei by die Euphoria Gholflandgoed en Hydro. Op 28 Maart om 19:00 is daar vir die eerste keer in die geskiedenis ‘n spesiale vertoning van Andries Vermeulen, komediant, storieverteller en sanger. Die gewilde Limpopo Windpompfees met CEOCO as hoofborg is daargestel vir die voortbestaan van volhoubare landboupraktyke en …
Dis weer Windpompfeestyd van 28 tot 30 Mei by die Euphoria Gholflandgoed en Hydro.
Op 28 Maart om 19:00 is daar vir die eerste keer in die geskiedenis ‘n spesiale vertoning van Andries Vermeulen, komediant, storieverteller en sanger.
Die gewilde Limpopo Windpompfees met CEOCO as hoofborg is daargestel vir die voortbestaan van volhoubare landboupraktyke en fokus steeds op buitelugaktiwiteite en ekotoerisme.
Van die hoogtepunte sluit in: FMX, Nick de Witt wat die enigste man in Suid-Afrika is wat ‘n “triple back flip” op ‘n motorfiets kan doen, die Webber Rekord Krokodilbraai met beplande
1 000 krokodilsterttjops tussen 50 en
100 Webber braaiers en die Spar-delitent waar elkeen ware Bosveldgasvryheid kan ervaar. Gholfdae, ‘n lugvertoning, helikopterritte, polocrosse en die Spar Padwedloop, waar fiksheidsentoesiaste aan ‘n 5 km, 10 km of 21,1 km padwedloop kan deelneem, beloof om ook groot aftrek te kry.
Vermaak soos die pretpark, Tjiff & Tjaff, Clarize en die Reëboogkidz en die WOW-minisirkus sal die jongspan vir ure lank besig hou. Die ploegkompetisie sal die beste boerekultuur na vore laat tree. Die biertuin met vermaak net soos die JUBA Broers kan doen, vele kos- en kunsstalletjies en ‘n wye verskeidenheid kunstenaars soos Adam Tas, Bobby van Jaarsveld en Juanita du Plessis sal boonop oud en jonk bekoor.
Die begunstiges van hierdie geldinsamelinginisiatief is Naboom Tuiste vir Bejaardes, Sonstraal Skool vir Buitengewone Onderwys, Abraham Kriel Kinderhuis in Modimolle en die Magrietjie Kankerhulpvereniging.
Hoof Foto: Die gewilde Bobby van Jaarsveld.



