Hyundai Polokwane borg Osie-tweedes
Met pragtige nuwe truie, rugbybroeke en waterbottels wat gemaak is om die taaiste stryd te weerstaan, het Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se tweederugbyspan onlangs breëbors gespog. Die span word vanjaar deur Hyundai Polokwane geborg. Mark Vermaak, handelaarshoof van Hyundai Polokwane sê dat hulle vier jaar gelede by Oosskool betrokke geraak het om sport by die skool …

Met pragtige nuwe truie, rugbybroeke en waterbottels wat gemaak is om die taaiste stryd te weerstaan, het Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se tweederugbyspan onlangs breëbors gespog.
Die span word vanjaar deur Hyundai Polokwane geborg.
Mark Vermaak, handelaarshoof van Hyundai Polokwane sê dat hulle vier jaar gelede by Oosskool betrokke geraak het om sport by die skool te bevorder. Die maatskappy is die afgelope drie jaar ook by die skool se bulletjierugby betrokke.
Afrigters, PJ Strydom en Theo Jansen van Rensburg sê hulle sien met verwagting uit na die ligawedstryde en het Vermaak vir sy bydrae en ondersteuning bedank.
Hoof Foto: Leandri van Schalkwyk – Oosskool se tweederugbyspan wys hoe lyk hul nuwe truie, broeke en waterbottels. Agter staan afrigters, Theo Jansen van Rensburg en PJ Strydom saam met Mark Vermaak, handelaarshoof en MC Linde, verkoopsbestuurder van Hyundai Polokwane.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com



