Apteekgroep reik na Polokwane Nasorgsentrum uit
Inwoners van Polokwane Nasorgsentrum vir Volwasse Intellektueel Gestremdes is gereed vir die winterkoue nadat hulle onlangs griepinspuitings van Clicks Pharmacy and Clinic Standard Bank Square gekry het. Personeel van die apteek en kliniek het die sentrum besoek as deel van die Clicksgroep se visie om bekostigbare en selfs gratis kliniekdienste aan die publiek te lewer. …

Inwoners van Polokwane Nasorgsentrum vir Volwasse Intellektueel Gestremdes is gereed vir die winterkoue nadat hulle onlangs griepinspuitings van Clicks Pharmacy and Clinic Standard Bank Square gekry het.
Personeel van die apteek en kliniek het die sentrum besoek as deel van die Clicksgroep se visie om bekostigbare en selfs gratis kliniekdienste aan die publiek te lewer.
Saartjie du Toit, huismoeder van die sentrum het Clicks-verteenwoordigers bedank en gesê dat griep nou een probleem minder is waaroor sy haar hoef te bekommer.
Hoof Foto: Leandri van Schalkwyk – Personeel van Clicks Standard Bank Square, Tryphosa Mashawana, apteker, James Motshweni, bestuurder, en Teresa van Deventer, klinieksuster, staan by Saartjie du Toit, huismoeder van Polokwane Nasorgsentrum.
LEANDRI VAN SCHALKWYK
>>leandri.observer@gmail.com




