Bulletjies blinknuut in blou danksy vrygewige borge
Lede van Akademie Reformia se bulletjierugbyspanne is Maandagoggend verras toe hulle truie van Proforum Boekhouers, Ouditeure en Besigheidsadviseurs ontvang het. Die spanne se afrigters het ook truie ontvang en organiseerder Lee van der Nest het sy waardering teenoor die borge uitgespreek. “Ons ouers en sakelui in die stad dra die belange van ons kinders op …
Lede van Akademie Reformia se bulletjierugbyspanne is Maandagoggend verras toe hulle truie van Proforum Boekhouers, Ouditeure en Besigheidsadviseurs ontvang het.
Die spanne se afrigters het ook truie ontvang en organiseerder Lee van der Nest het sy waardering teenoor die borge uitgespreek.
“Ons ouers en sakelui in die stad dra die belange van ons kinders op die hart en die sukses van ons spelers is grootliks aan hul tasbare insette te danke,” het Van der Nest gesê.
Skoolhoof Hennie Combrink het melding gemaak van die ouers se ondersteuning en betrokkenheid by hul kinders se aktiwiteite en die afrigters in besonder bedank vir hul toewyding.
Die bulletjies het Saterdag in Mokopane teen spanne van Laerskool Krugerpark, Laerskool Pietersburg-Oos, Laerskool Byzonderheid, Laerskool Nylstroom, Laerskool Eugene Marais, Euphorbia Christelike Onafhanklike Skool en Pietersburg Laerskool tydens ‘n bulletjierugbydag deelgeneem.
Hoof Foto: Bulletjierugbyspelers van Akademie Reformia met hul nuwe rugbytruie. Agter is skoolhoof Hennie Combrink en afrigters Lucius Kruger, Lee van der Nest en Burger Grobler. Foto: Barry Viljoen
BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com




