Ouetehuise baat by handwerkmarathon
Dit het twee-en-twintig vrouens onlangs 12 uur lank geneem om komberse ten bate van Capricorn Quilting se liefdadigheidsprojek te hekel. Die ywerige werkers het om 08:00 begin en hul hekelpenne om 20:00 neergesit en 140 blokke van 30 x 30 cm gehekel wat aan mekaar vasgewerk sal word vir kleurvolle, warm komberse. Ann Nel, eienaar …
Dit het twee-en-twintig vrouens onlangs 12 uur lank geneem om komberse ten bate van Capricorn Quilting se liefdadigheidsprojek te hekel.
Die ywerige werkers het om 08:00 begin en hul hekelpenne om 20:00 neergesit en 140 blokke van 30 x 30 cm gehekel wat aan mekaar vasgewerk sal word vir kleurvolle, warm komberse.
Ann Nel, eienaar van Capricorn Quilting sê die vrouens wat deelgeneem het, het eenparig saamgestem om die voltooide komberse vir ouetehuise te skenk.
“Ons het uiteindelik 140 blokke gehekel vir komberse aan bejaardes by plaaslike ouetehuise. Dit was ‘n heerlike dag waar ons saam gekuier, gesels en gehekel het en wenke uitgeruil is wat voortaan jaarliks op die eerste Saterdag van Junie gehou sal plaasvind. Ons sal probeer om elke keer die rekord te verbeter,” verduidelik Nel.
‘n Groep vroue kom Vrydae by Capricorn Quilting bymekaar om items ten bate van liefdadigheid te brei of te hekel. “Deelname is gratis en ‘n wonderlike manier om nuwe vriende te maak. Enige een is welkom om saam te kuier en te werk en ‘n koppie tee of koffie saam te geniet.”
Belangstellendes kan die winkel by 015 297 2146 skakel.
MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com



