Bloedskenk vir ‘n skoon voertuig by vulstasie
‘n Skoon voertuig in ruil vir ‘n eenheid bloed, was Sasol Bendor se motiveringsboodskap om mense te lok om hul bloedskenkkliniek verlede Woensdag by te woon. Sasol Bendor bied elke drie maande ‘n bloedskenkkliniek in samewerking met die SANBS aan en bied vir kliënte iets in ruil soos gratis muffins of ‘n karwas aan. Bart …
‘n Skoon voertuig in ruil vir ‘n eenheid bloed, was Sasol Bendor se motiveringsboodskap om mense te lok om hul bloedskenkkliniek verlede Woensdag by te woon.
Sasol Bendor bied elke drie maande ‘n bloedskenkkliniek in samewerking met die SANBS aan en bied vir kliënte iets in ruil soos gratis muffins of ‘n karwas aan.
Bart Koekemoer, medebestuurder van die motorhawe, sê dit motiveer kliënte en inwoners van die omgewing om die bloedvoorraad te help aanvul. Poen van Wyk het sy 192ste eenheid geskenk en aan Polokwane Observer gesê dat dit al vir hom ‘n leefstyl geword het.
Die minimumvereistes om bloed te skenk is dat skenkers tussen die ouderdom van 16 en 65 jaar oud moet wees, meer as 50 kg weeg, goeie gesondheid geniet en ‘n veilige seksuele leefstyl handhaaf.
Om ‘n bloedskenkkliniek aan te bied, kan Dottie Pinn, skakelbeampte van SANBS Limpopo by 015 283 3610 geskakel word.
Hoof Foto: Alet-Elize van Jaarsveld – Rejoice Dube, bloedkundige van die SANBS help Bart Koekemoer, medebestuurder van Sasol Bendor.
Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za



