Local NewsNews

Saak van bedrog teen oudpolisiebeampte ondersoek

Die provinsiale polisie het bevestig dat ‘n saak van bedrog wat vermoedelik met die onwettige sertifisering van dokumente deur ‘n afgetrede polisiebeampte verband hou, ondersoek word. Provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto het die bedrogsaak bevestig, maar gesê dat niemand formeel aangekla is nie. ‘n Bron, wat verkies om anoniem te bly, het bewerings gemaak dat die …

Die provinsiale polisie het bevestig dat ‘n saak van bedrog wat vermoedelik met die onwettige sertifisering van dokumente deur ‘n afgetrede polisiebeampte verband hou, ondersoek word.
Provinsiale polisiewoordvoerder, Ronel Otto het die bedrogsaak bevestig, maar gesê dat niemand formeel aangekla is nie.
‘n Bron, wat verkies om anoniem te bly, het bewerings gemaak dat die vrou na haar aftrede ongeveer vier jaar gelede sertifisering- en datumstempels uit haar kantoor verwyder het wat volgens hom aangewend is om dokumente vir familie en vriende te beëdig.
Afgetrede polisielede of lede wat die diens verlaat het se magsnommers is glo op die dokumente gebruik. Voormalige polisielede kan nie as ‘n kommissaris van ede optree nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button