NewsSchools

Oud-Pietie skenk geld aan traumafonds

Lorindie Steyn het in 2010 ernstige beserings in ‘n motorfietsongeluk opgedoen. Danksy Hoërskool Pietersburg se onmiddellike geldinsamelingsinisiatief kon sy in ‘n privaathospitaal behandeling en rekonstruktiewe chirurgie aan haar gesig en mond ondergaan ten spyte daarvan dat haar ouers nie aan ‘n mediese fonds behoort het nie. Steyn was destyds ‘n PHS-leerder en die skool kon …

Lorindie Steyn het in 2010 ernstige beserings in ‘n motorfietsongeluk opgedoen.
Danksy Hoërskool Pietersburg se onmiddellike geldinsamelingsinisiatief kon sy in ‘n privaathospitaal behandeling en rekonstruktiewe chirurgie aan haar gesig en mond ondergaan ten spyte daarvan dat haar ouers nie aan ‘n mediese fonds behoort het nie.
Steyn was destyds ‘n PHS-leerder en die skool kon die geld uit hul traumafonds betaal.
“Om haar waardering vir die destydse hulp te betoon, het sy onlangs R5 000 aan dié fonds geskenk en die skool het besluit om die fonds na die Lorindie Steyn Traumafonds te herdoop,” sê Anna-Marié Schoeman, die skool se skakelbeampte.
Plaaslike prokureur, Philip Smit het namens die familie ‘n suksesvolle eis by die padongelukfonds ingedien wat Steyn in die posisie geplaas het om die donasie te maak.
“Ek het onlangs die skool ingelig dat al die mediese koste wat deur die skool betaal is, teruggevorder is en dat die geld op versoek van Steyn in die traumafonds gestort sal word vir toekomstige aanwending tot voordeel van minderbevoorregte leerders,” sê Smit.
Steyn het die
R5 000 as addisionele skenking aan die Lorindie Steyn Traumafonds gemaak. Willie Schoeman, skoolhoof het sy dank teenoor Steyn uitgespreek.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Foto: Verskaf : Philip Smit en Lorindie Steyn, voormalige Pietie oorhandig ‘n donasie aan PHS se Lorindie Steyn Traumafonds aan skoolhoof, Willie Schoeman.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button