NewsSchools

Kruinies bou berge van omgee

Leerders van Curro Heuwelkruin het onlangs ‘berge’ donasies vir minderbevoorregte mense tydens die skool se Huisdag in spanverband gebou. Dié aktiwiteit is deel van die Mnr en Mej Heuwelkruinkompetisie en die finaliste het die bergbou in drie spanne gelei wat uit komberse, warm klere, nie-bederfbare voedselprodukte en huishoudelike goedere bestaan het. Die doel van die …

Leerders van Curro Heuwelkruin het onlangs ‘berge’ donasies vir minderbevoorregte mense tydens die skool se Huisdag in spanverband gebou. Dié aktiwiteit is deel van die Mnr en Mej Heuwelkruinkompetisie en die finaliste het die bergbou in drie spanne gelei wat uit komberse, warm klere, nie-bederfbare voedselprodukte en huishoudelike goedere bestaan het.
Die doel van die kompetisie is om by leerders tuis te bring dat ‘n mens se karakter belangriker as voorkoms is en daarom word finaliste onder meer beoordeel op grond van die liefdadigheidprojekte wat hulle aanpak om die gemeenskap te be­voordeel sonder om iets terug te verwag.
Die inisiatief help leerders ook om te verstaan dat daar ander mense is wat met veel minder as hulle oor die weg moet kom.
Die berg wat die Tritons gebou het was die grootste en hulle het dus hierdíe ronde van die kompetisie teen Phobos- en Deimoshuis gewen.

Hoof Foto’s: Nelie Erasmus – Mnr en Mej Heuwelkruin-finaliste van Tritonhuis, Gustav Lampbrechts, De Wet Roos, Chantae Horn en Nicole Blaunt (agter) is trots op die donasies wat hulle ingesamel het.

NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com

Lede van Curro Heuwelkruin se Deimoshuis juig oor al die donasies wat hulle ingesamel het.
Lede van Curro Heuwelkruin se Deimoshuis juig oor al die donasies wat hulle ingesamel het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button