BusinessNews

Motorreus se personeel skenk bloed

MGM Motors Polokwane bied dikwels bloedskenkklinieke aan en het onlangs weer werkne­mers en ander belangstellendes uitgenooi om saam met hulle in die Volvovertoonkamer bloed te skenk. Wilma van der Westhuizen, ontvangsdame sê die motorgroep bied die afgelope vyf jaar al tweemaandeliks klinieke in samewerking met die SANBS aan. “Ons plaas kennisgewings en enigiemand wat saam …

MGM Motors Polokwane bied dikwels bloedskenkklinieke aan en het onlangs weer werkne­mers en ander belangstellendes uitgenooi om saam met hulle in die Volvovertoonkamer bloed te skenk.
Wilma van der Westhuizen, ontvangsdame sê die motorgroep bied die afgelope vyf jaar al tweemaandeliks klinieke in samewerking met die SANBS aan.
“Ons plaas kennisgewings en enigiemand wat saam met ons wil kom skenk, is welkom, maar dis meestal ‘n personeelgedrewe inisiatief wat van 09:00 tot 11:00 plaasvind.”
Volgens Van der Westhuizen is tien eenhede verlede Woensdag binne twee uur geskenk.
Howard Geyser, finansiële bestuurder van MGM Polo­kwane het verduidelik dat dit in die winter moeiliker is om skenkers te kry omdat mense dikwels nie kan skenk nie omdat hulle verkoue of griep het.

Strie en Foto: Alet-Elize van Jaarsveld – Personeel van MGM Polokwane wat bloed geskenk het, is Howard Geyser, finansiële bestuurder, Carike Willemse, diens­adviseur, Dolf Heenop, werks­winkelvoorman, Chantal Britz, onderdele-assistent, Engela Roets, diensadviseur, Estie Nel, krediteureklerk en Martha Mailula, skoonmaker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button