Oosskoolfinaliste op galop vir kroon
Twee van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se Mnr en Mej Oosskoolfinaliste het Dinsdag Noddy’s Playground in Westenburg met perde besoek. Die finaliste van die kompetisie is in pare ingedeel wat elk saam met ‘n spesifieke graadgroep ‘n langtermyn liefdadigheidsprojek deur die jaar aanpak. Johanco van Niekerk en Bianké Venter is saam met die graad 5-groep by …

Twee van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se Mnr en Mej Oosskoolfinaliste het Dinsdag Noddy’s Playground in Westenburg met perde besoek.
Die finaliste van die kompetisie is in pare ingedeel wat elk saam met ‘n spesifieke graadgroep ‘n langtermyn liefdadigheidsprojek deur die jaar aanpak.
Johanco van Niekerk en Bianké Venter is saam met die graad 5-groep by Noddy’s Playground betrokke.
Tydens die besoek aan die skool is twee perde van Biami Horseplay, ‘n plaaslike organisasie, na die kleuters geneem. Michelle Joubert, mede-eienaar, sê die perde word gebruik om kinders te stimuleer asook vir oefening wat help met hul konsentrasie en selfbeeld.
Elke kleuter het ‘n beurt gehad om op ‘n perd se rug, vergesel deur hulpwerkers van Biami, om die skoolterrein te ry.
Leeoni Motau, onderhoof van Noddy’s Playground, sê die Osie-finaliste het hul goed van hul taak gekwyt en die kleuters op hul gemak laat voel.
Hoof foto: Tebogo Mahako geniet ‘n perderit met die hulp van Bianca Roets, hulpwerker van Biami Horseplay en Johanco van Niekerk, Mnr Oosskoolfinalis.
Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za


Mnr en Mej Oosskoolfinaliste, Johanco van Niekerk en Bianké Venter by een van Biami Horseplay se perde tydens hul besoek aan Noddy’s Playground.



