NewsSchools

PHS hou pretdag vir gestremdes

As deel van Hoërskool Pietersburg (PHS) se graad 10-leerders se Ubuntu-projek is inwo-ners en dagbesoekers van die Trix Nortman Beskermende Werkswinkel Vrydag op Eeufees-huis se terrein met speletjies en sang bederf. Amelia du Plooy, Nicola van Wyk, Bianca Minnaar, Kayla Cuthbert en Mischa Becker is een van die graad 10-groepe wat in hul vrye tyd …

As deel van Hoërskool Pietersburg (PHS) se graad 10-leerders se Ubuntu-projek is inwo-ners en dagbesoekers van die Trix Nortman Beskermende Werkswinkel Vrydag op Eeufees-huis se terrein met speletjies en sang bederf.
Amelia du Plooy, Nicola van Wyk, Bianca Minnaar, Kayla Cuthbert en Mischa Becker is een van die graad 10-groepe wat in hul vrye tyd na minderbevoorregte mense in die stad met hul Ubuntu-liefdadigheidsprojek uitreik.
Mischa het Vrydag vir inwoners by die werkswinkel gesing waarna speletjies gespeel is. Inwoners moes onder andere ringe oor ‘n besemstok gooi. Die stoeledansitem het die grootste byval gevind.
Inwoners het uitbundig heup geswaai op maat van Mischa se Afrikaanse treffers.

RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Die graad 10-leerders van PHS is Amelia du Plooy, Nicola van Wyk, Bianca Minnaar, Kayla Cuthbert en Mischa Becker. Saam met hulle is huismoeder, Barbara Weale.
Die graad 10-leerders van PHS is Amelia du Plooy, Nicola van Wyk, Bianca Minnaar, Kayla Cuthbert en Mischa Becker. Saam met hulle is huismoeder, Barbara Weale.
Eeufeeshuis-inwoner en besoekers aan die Trix Nortman Beskermende Werkswinkel neem gretig aan die stoeledans deel.
Eeufeeshuis-inwoner en besoekers aan die Trix Nortman Beskermende Werkswinkel neem gretig aan die stoeledans deel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button