BusinessNews

Musiek­beoordelaar vir Lim Eisteddfod bekend

Die organiseringskomitee van die Limpopo Eisteddfod het Maandag aangekondig dat Maureen Eloff, ‘n bekende in musiekkringe, die instrumentele- en sangafdelings van dié kunsfees sal beoordeel. Eloff het reeds as 14-jarige die wyd erkende Unisa graad 8-eksamen, die hoogste amateurmusiekeksamen in Suid-Afrika, geslaag. Sy het musiek aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus studeer en daarna as musiekonderwyser …

Die organiseringskomitee van die Limpopo Eisteddfod het Maandag aangekondig dat Maureen Eloff, ‘n bekende in musiekkringe, die instrumentele- en sangafdelings van dié kunsfees sal beoordeel.
Eloff het reeds as 14-jarige die wyd erkende Unisa graad 8-eksamen, die hoogste amateurmusiekeksamen in Suid-Afrika, geslaag. Sy het musiek aan die Noordwes-Universiteit se Potchefstroomkampus studeer en daarna as musiekonderwyser sang- en klavierlesse aangebied.
Gedurende haar loopbaan het sy verskeie kore en kadetorkeste afgerig en uitstekende welslae behaal. Intussen het sy ‘n koperblaaskursus van die weermag voltooi en ook ‘n honneursgraad in mu­siek asook ‘n diploma in klavieronderwys en ‘n begeleierlisensiaat verwerf.
Steeds het sy nie stilgesit nie en vioollesse begin neem. Gou het sy ook die hoogste sport in hierdie instrument bereik en vioollesse volgens die Suzukimetode aangebied.
Eloff se dogter, Erica, is ook een van haar oudleerders en is tans ‘n suksesvolle operasanger wat gereeld in Brittanje, Europa en Suid-Amerika die kollig steel.
“Ons is bevoorreg om iemand met Eloff se ervaring en fyn oor as ons mu­siekbeoordelaar te hê,” sê Ans Becker, Eisteddfod komiteelid in beheer van sang en musiek.
Die Eisteddfod skop amptelik Maandag by APK Gemeentesentrum in DieMeerstraat af.
Maandagaand sal die kore, ensembles en orkeste om 18:30 by Laerskool Pietersburg-Oos optree en kaartjies vir
hierdie geleentheid is teen R10 per persoon by die deur beskikbaar. Laerskoolkinders, kleuters en babas sal gratis toegang kry.
Vir meer inligting oor die program of kore-aand, kan Becker by 082 457 8171 geskakel word. Die eisteddfodprogram is ook by www.limpopo-eisteddfod.co.za beskikbaar.

Story Marki Franken, Foto: Verskaf: Maureen Eloff sal die instrumentele- en sangafdelings van die Limpopo Eisteddfod beoordeel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button