NewsSchools

Kruinie-voorsmaak van ATKV Tienertoneel-kompetisie

Ouers en gaste het verlede Donderdag­aand geleentheid gehad om twee van Curro Heuwelkruin se verhoogproduksies te sien. Nicole Senekal, regisseur, het die produksies vir die ATKV Tienertoneel-kompetisie ingeskryf wat jaarliks plaasvind om ‘n liefde vir Afrikaanse toneelspel by hoërskoolleerders te kweek. Die talentvolle Kruinies neem op 18 Augustus aan die Gauteng-Wes streekkompetisie deel. Die eerste …

Ouers en gaste het verlede Donderdag­aand geleentheid gehad om twee van Curro Heuwelkruin se verhoogproduksies te sien.
Nicole Senekal, regisseur, het die produksies vir die ATKV Tienertoneel-kompetisie ingeskryf wat jaarliks plaasvind om ‘n liefde vir Afrikaanse toneelspel by hoërskoolleerders te kweek.
Die talentvolle Kruinies neem op 18 Augustus aan die Gauteng-Wes streekkompetisie deel.
Die eerste produksie, ‘Be my Baby’ gaan oor tienerswangerskap, toe dit nog ‘n taboe-onderwerp was. Dit speel in 1960 in ‘n tehuis vir ongetroude tienermoeders af waar verskillende emosies en besluite oor die onderwerp aangespreek word.
‘Groter Vryheid’ handel oor ‘n seun se gesprek met sy prokureur nadat hy in die tronk beland as gevolg van dwelmmisbruik en dronkbestuur.
“Ek is bevoorreg om weer met soveel talent te werk en beide produksies beteken vir my persoonlik baie,” sê Senekal.

 

Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Divan du Bruyn vertolk die rol van die seun wat vir dronkbestuur en dwelms toege­sluit is.

Roelof Neuhoff vertolk verskillende rolle in ‘Groter Vryheid’.
Roelof Neuhoff vertolk verskillende rolle in ‘Groter Vryheid’.
Maritza Jacobs,  een van die swanger tienermeisies.
Maritza Jacobs, een van die swanger tienermeisies.
Bianca Jardim speel Nora in die toneelstuk ‘Be my Baby.’
Bianca Jardim speel Nora in die toneelstuk ‘Be my Baby.’

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button