Twee gewapende rooftogte in twee dae
Die Eduanpark/Welgelegen (Edwel) en Ladanna Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) het verlede Donderdag saamgespan om twee van drie gewapende rowers, wat glo die middag vir ‘n rooftog en skiet van ‘n voetganger by die Indiërsentrum in die middestad verantwoordelik was, vasgetrek. Volgens ‘n lid van Edwel het die polisie bystand gevra om die booswigte aan te keer. “Die …

Die Eduanpark/Welgelegen (Edwel) en Ladanna Gemeenskapspolisiëringsforums (GPF) het verlede Donderdag saamgespan om twee van drie gewapende rowers, wat glo die middag vir ‘n rooftog en skiet van ‘n voetganger by die Indiërsentrum in die middestad verantwoordelik was, vasgetrek.
Volgens ‘n lid van Edwel het die polisie bystand gevra om die booswigte aan te keer. “Die skurke wou glo ‘n winkel in die sentrum be-roof, maar het misluk en in die vlugtog ‘n voetganger geskiet en in die veld tussen Polokwane en Westenburg ingehardloop,” sê die lid.
Die polisie en die GPF het die veld gefynkam tot twee van die verdagtes aangekeer is. Na wat verneem word is die skietslagoffer nie ernstig beseer nie.
Die vorige dag (verlede Woensdag) is ‘n Nirvana-inwoner glo deur drie gewapende mans by sy hek oorval en in die huis inforseer terwyl geld en selfone geëis is. Die gewapende rowers het blykbaar met die slagoffer se twee voertuie gevlug.
Geen verdere inligting was teen druktyd beskikbaar nie.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



