Twee vas op klag van mensehandel
Idrisa Yusuf Mussa en Danison Prahima sou na verwagting Dinsdag in die Marble Hall Landdroshof om borgtog aansoek gedoen het nadat hulle Vrydag op ‘n klag van mensehandel in hegtenis geneem is. Volgens Limpopo Valke se woordvoerder, Matimba Maluleke het die polisie Donderdag by twee verdagte stilstaande vragmotors langs die pad net buite Marble Hall …

Idrisa Yusuf Mussa en Danison Prahima sou na verwagting Dinsdag in die Marble Hall Landdroshof om borgtog aansoek gedoen het nadat hulle Vrydag op ‘n klag van mensehandel in hegtenis geneem is. Volgens Limpopo Valke se woordvoerder, Matimba Maluleke het die polisie Donderdag by twee verdagte stilstaande vragmotors langs die pad net buite Marble Hall gestop om ondersoek in te stel.
“Terwyl die vragmotors deursoek is, het die polisie op 59 Malawiese immigrante afgekom. Onder hulle was sewe vrouens, twee minderjarige meisies en volwasse mans. Almal was agter in een van die vragmotors gestop en sommige het reeds begin ontwater,” sê Maluleke. Hy sê van hulle het vervalste paspoorte gehad en almal is daarvan aangekla dat hulle onwettig in die land is. Hulle het Maandag in die Marble Hall Landdroshof verskyn waarna die saak tot volgende week vir borgtogaansoek uitgestel is.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com



