NewsSchools

Kruinies kookwater in Beeldtrofee-kwarteind

Goeie sportmangees en klipharde hardloop­rugby het Saterdag se kwarteindronde van die Virseker Beeldtrofee-reeks vir kleinskole by Curro Heuwelkruin gekenmerk. Dit was duidelik dat spelers net hul beste wou gee en dat foute op die veld hul duur te staan kon kom. Spelers was gefokus om die halfeindronde te haal en toeskouers kon hulle in klipharde …

Goeie sportmangees en klipharde hardloop­rugby het Saterdag se kwarteindronde van die Virseker Beeldtrofee-reeks vir kleinskole by Curro Heuwelkruin gekenmerk.
Dit was duidelik dat spelers net hul beste wou gee en dat foute op die veld hul duur te staan kon kom. Spelers was gefokus om die halfeindronde te haal en toeskouers kon hulle in klipharde skolerugby verlustig.
Kruinies se o.15-, o.17- en eerstespanne het sake teen Morgenzon Landbou Akademie (verlede jaar se naaswenners) uitgespook.
Die eerstespan het Morgenzon min kans agter die doellyn gegun. Die span se verdediging en aanvalspatroon was te sterk vir hul teenstanders en hul het met 64-12 hul opponente afgeransel. Nichardt van Niekerk het vier drieë gedruk. In die halfeindronde speel hulle Saterdag teen Hoërskool Stella op Stella se veld.
Die o.17-span het sedert die afskop die oorhand gehad en met 34-12 hul opponente se doppie geklink. Hulle speel Saterdag in die halfeindstryd teen Hoërskool Heilbron om Heilbron se veld in die halfeindronde.
Die o.15-span se wedstryd het vir groot spanning gesorg met beide spanne wat telkens daarin kon slaag om ‘n drie te druk en beurte gemaak het om die voortou te neem. Die Kruinies moes uiteindelik met ‘n telling van 33-40 tevrede wees.

Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Kruinies se o.15-speler, Daniël Erasmus strek om die bal agter die doellyn te plaas.

Die o.17-speler, Joshua Montgomery kies vinnig koers deur ‘n gaping.
Die o.17-speler, Joshua Montgomery kies vinnig koers deur ‘n gaping.
Dewan Jacobsz, o.15,  laat waai met die bal.
Dewan Jacobsz, o.15, laat waai met die bal.
Reece Wynne, o.17,  probeer sy opponent ontduik.
Reece Wynne, o.17, probeer sy opponent ontduik.
Kgosi Mashabane, o.15 word by die kantlyn platgetrek.
Kgosi Mashabane, o.15 word by die kantlyn platgetrek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button