Local NewsNews

Twaalf nuwe klasse vir Suidskool na dekade

Na ‘n hele dekade se wag kry Pietersburg Laerskool (PLS) uiteindelik 12 nuwe klaska-mers en die graad R- tot 2-leerders sal hopelik teen die einde van September in hul nuwe permanente klasse onderrig ontvang. “Ons is baie dankbaar dat ons uiteindelik met konstruksie kon begin en oor die departement van onderwys se samewerking om die …

Na ‘n hele dekade se wag kry Pietersburg Laerskool (PLS) uiteindelik 12 nuwe klaska-mers en die graad R- tot 2-leerders sal hopelik teen die einde van September in hul nuwe permanente klasse onderrig ontvang.
“Ons is baie dankbaar dat ons uiteindelik met konstruksie kon begin en oor die departement van onderwys se samewerking om die projek goed te keur en in hul begroting in te sluit. Ons weet daar is groot nood in ander dele van die provinsie,” sê skoolhoof, Peet Bredenkamp.
Hy sê samesprekings met die beheerliggaam het reeds in 2005 begin en die eerste skrywe is in 2006 aan die departement gestuur waarna verskeie vergaderings gevolg het. “Die tydelike asbesklasse wat die graad R- tot graad 2-leerders huisves is oud en verweer en hou ‘n gesondheidsrisiko in,” sê hy.
Bredenkamp is daarvan oortuig dat die klaskamers nie net ‘n beter voorkoms aan die skool sal gee nie, maar kwaliteitonderrig sal verbeter. “Ons is dankbaar en opgewonde om binnekort die nuwe klaskamers te betrek.” Die beplande oorhandigingsdatum is 30 September.
Nuwe plaveisel moet ook gelê word en ‘n speelterrein moet gebou word. “Die koste sal deur die skool betaal moet word en word op sowat R400 000 beraam. Ons hoop om sken-kings uit die gemeenskap te ontvang om die las ligter te maak,” sê hy.

Storie en foto: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Kontrakteurs werkskaf om 12 nuwe klaskamers vir graad R- tot 2-leerders van Suidskool te finaliseer. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button