POLOKWANE – Hulle is na die spesiale geleentheid genooi nadat hulle onlangs ‘n Cum Laude toekenning by die uitdunronde in Pretoria verwerf het.
Die meisies, geklee in splinternuwe rokke, het hulle uitstekend van hulle taak gekwyt en met ‘n silwer toekenning teruggekeer huis toe.
Die skool se skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman sê in die lig dat die koor slegs drie jaar oud is, is dit ‘n uitsonderlike prestasie.
“Ons is voorwaar baie trots op hulle. Baie geluk aan die koorleier, Rita Erasmus, en begeleier, Ria Odendaal, asook die PHS-organiseerders, Adrie Booysen, Alichia Coetzee en Dorinda Bester wie bygedra het tot die koor se asemrowende sukses,” sê Anna-Marie. Die meisies sien al uit na volgende jaar se kompetisie.



