Hokkiespelers sit beste voetjie voor tydens laerskoleliga
Die afgelope twee Saterdae was Hoërskool Pietersburg (PHS) en Hoërskool Noorderland se hokkievelde ‘n miernes van bedrywighede tydens die aanbie- ding van die jaarlikse Limpopo Laerskole-ligawedstryde. Seuns- en meisieshokkiespanne van laerskole regoor die provinsie neem jaarliks aan die ligawedstryde vir eerste-, tweede- en o.11-spanne deel om die provinsiale wenners te bepaal. Die organiseerder, Douw Grobler …

Die afgelope twee Saterdae was Hoërskool Pietersburg (PHS) en Hoërskool Noorderland se hokkievelde ‘n miernes van bedrywighede tydens die aanbie- ding van die jaarlikse Limpopo Laerskole-ligawedstryde.
Seuns- en meisieshokkiespanne van laerskole regoor die provinsie neem jaarliks aan die ligawedstryde vir eerste-, tweede- en o.11-spanne deel om die provinsiale wenners te bepaal.
Die organiseerder, Douw Grobler sê daar is Saterdag weer uitspeelwedstryde op die onderskeie velde waarna die uitspeelwedstryde sal plaasvind.
Storie en fotos: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Hooffoto: Jason Freestone, o.13 van Curro Heuwelkruin (regs) speel die bal voor sy opponent van Pepps Polokwane Preparatory School and College, Warwick Melville weg.






