NewsSchools

Tommies presteer in gimnastiek, Spelathon

Drie graad 10-leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het onlangs bewys dat die Tommies veelsydig is nadat hulle op provinsiale vlak uitgeblink het. Gimnas, Liam Botha het vir die sewende keer Limpopo- kleure tydens die Limpopo Artistiese Gimnastiekkampioenskappe behaal. Liam, ‘n vlak 6-gimnas van Zanis Gimnastiekakademie het goue medaljes in al ses sy apparate …

Drie graad 10-leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé het onlangs bewys dat die Tommies veelsydig is nadat hulle op provinsiale vlak uitgeblink het.
Gimnas, Liam Botha het vir die sewende keer Limpopo- kleure tydens die Limpopo Artistiese Gimnastiekkampioenskappe behaal.
Liam, ‘n vlak 6-gimnas van Zanis Gimnastiekakademie het goue medaljes in al ses sy apparate behaal.
Tydens die ATKV Spelathon wat verlede Donderdag by Mitchell House gehou is, het Damian Pinn ‘n derde plek in die graad 10-huistaalafdeling behaal terwyl Ryno van der Merwe ‘n vierde plek in dieselfde afdeling losgespel het.
Leerders leer in dié spelkompetisie om korrek te spel en wat goeie kompetisiegees beteken. Spelathon spoor leerders aan meer aandag aan die gebruik van Afrikaans te gee en nie net SMS-taal te gebruik nie.
“Ons was so bekommerd voor die kompetisie, maar die atmosfeer was so rustig dat ons dadelik ontspan het en ons beste kon gee,” sê Damian.

Storie en foto: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Hooffoto: Graad 10-leerders van Hoër Tegniese Skool Tom Naudé, Damian Pinn, Liam Botha en Ryno van der Merwe hou hul skool se naam hoog.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button