Local NewsNews

Beheerliggaam bevestig voorval

Die voorsitter van die beheerliggaam van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het bevestig dat die skool ‘n ondersoek geloods het na die voorval waartydens leerders mekaar gister vermoedelik uitgedaag het om vanaf ‘n verdieping van die skoolgebou te spring. Beheerliggaam-voorsitter, Anrie Weyer, is aangehaal deur te sê dat hy ingelig is oor leerders wat onregmatig na-ure op …

Die voorsitter van die beheerliggaam van Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) het bevestig dat die skool ‘n ondersoek geloods het na die voorval waartydens leerders mekaar gister vermoedelik uitgedaag het om vanaf ‘n verdieping van die skoolgebou te spring.

Beheerliggaam-voorsitter, Anrie Weyer, is aangehaal deur te sê dat hy ingelig is oor leerders wat onregmatig na-ure op die skoolterrein was en vanaf die eerste verdieping gespring het.

“As voorsorgmaatreël is ‘n ambulans dadelik ontbied en die betrokke leerder is deur ambulanspersoneel op die toneel gestabiliseer waarna die leerder na Medi-Clinic Limpopo se ongevalle-afdeling vervoer is. Die leerder is deur mediese personeel ondersoek en x-strale is geneem. Slegs ligte beserings is gediagnoseer met geen breuke nie.  Die leerder is gisteraand reeds ontslaan en sterk tuis aan.”

Hy word voorts aangehaal: “Die skool het ‘n volledige ondersoek na die voorval geloods. Dit het aan die lig gekom dat hierdie insident deel van kattekwaad was waar een leerder die ander uitgedaag het om te spring.”

Weyer het bevestig dat die nodige stelsels in plek is om ‘n herhaling van so’n voorval te voorkom. “Die nodige ondersteuningstelsels is in plek om die betrokke partye by te staan.”

“Veiligheid van Oosskoolleerders bly ‘n prioriteit en ouers kan verseker wees dat die skoolbestuur seker sal maak dat alle kinders veilig is.”

Storie: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button