Local NewsNews

Graad 7-leerder van Oosskool ernstig beseer na val

‘n Graad 7-leerder van Laerskool Pietersburg-Oos, is gister volgens inligting met beserings gehospitaliseer nadat hy en ‘n medeleerder na bewering van die tweede verdieping van die skool afgespring het. Volgens ‘n bron het die twee leerders mekaar vir R50 uitgedaag en wou na bewering ‘n ‘YouTube’-video maak nadat die twee leerders ‘n TV-reeks waar mense …

‘n Graad 7-leerder van Laerskool Pietersburg-Oos, is gister volgens inligting met beserings gehospitaliseer nadat hy en ‘n medeleerder na bewering van die tweede verdieping van die skool afgespring het.
Volgens ‘n bron het die twee leerders mekaar vir R50 uitgedaag en wou na bewering ‘n ‘YouTube’-video maak nadat die twee leerders ‘n TV-reeks waar mense uitgedaag word om sekere dinge aan te pak, gekyk het.
Ruan is na bewering ernstig beseer, met beenbreuke en ‘n ontwrigte skouer. Die volle omvang van sy beserings is nog nie bekend nie en Polokwane Observer wag op ‘n volledige verklaring van die skool.

Storie: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button