Local NewsNews

Ligte beserings na Osie van 1st verdieping spring

Gr. 7-leerder beseer by Ossskool: "kattekwaad"

POLOKWANE – Die skool se beheeliggaam het intussen ‘n verklaring uitgereik.

“Ek is gistermiddag ingelig dat leerders van Oosskool onregmatiglik na-ure op die skoolterein was en dat die seuns vanaf die eerste verdieping gespring het,” vertel Andri Weyer, voorsitter van die beheerliggaam.

“‘n Ambulans is dadelik ontbied en die beseerde leerder is deur nooddienspersoneel op die toneel gestabiliseer waarna die hy na Mediclinic Limpopo se ongevalle-eenheid geneem is.”

Hier is die leerder deur mediese personeel ondersoek. Die seun het slegs ligte beserings opgedoen. Na ‘n volledig ondersoek, het die skool gevind dat die voorval, kattekwaad was. Die seun is deur ander uitgedaag om te spring.

“Daar kan bevestig word dat die nodige stelsels in plek is om ‘n herhaling van so voorval te voorkom. Voorts kan daar ook bevestig word dat die nodige ondersteuningstelsels in plek is om die betrokke partye van die nodige advies te voorsien. Veiligheid van Oosskool-leerders bly ‘n prioriteit en ouers kan verseker wees dat die bestuur  seker sal maak dat alle leerders veilig is.”

maretha@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button