Saak teen oud-onnie geskrap
Dit volg na die seksuele aanranding saak verskeie keer uitgestel is vir verdere ondersoek.
POLOKWANE – Die saak van seksuele aanranding wat teen ‘n voormalige leerkrag van ‘n laerskool in die stad aanhangig gemaak is, is voorverlede Woensdag in die Polokwane Landdroshof voorlopig teruggetrek.
Dit volg na die saak verskeie keer uitgestel is vir verdere ondersoek. Die saak is van die hofrol geskrap vir die staat om sy ondersoek te voltooi. Sodra die staat se ondersoek voltooi is sal die saak weer op die hofrol geplaas word vir verhoor. Die leerkrag was in Mei gearresteer op die aanklag na die skool klagtes van leerders ontvang het. Kort na die voorval aan die lig gekom het, het die leerkrag sy bedanking ingedien.
Die hof het ook beslis dat die leerkrag se borggeld terugbetaal moet word omdat die saak voorlopig teruggetrek is.
Lees meer:
2de klag teen voormalige leerkrag




