Ronay Delport (2017 hoofmeisie) bedank almal vir die geleentheid en die vertroue wat hulle in haar gestel het om 'n goeie leier en verteenwoordiger van die skool te wees.
POLOKWANE – Die seremonie het die nuwe verteenwoordigende leerlingraad (VLR) en dagbestuur asook die koshuis se dagbestuur en VLR laasweek Woensdag verwelkom.
Tom Naudé Skoolhoof, Piet Holtzhausen, sê dit was beslis nie ‘n maklike besluit om die nuwe leiers te kies nie omdat daar soveel uitstaande kandidate was. Die moeilikste taak, sê hy, was om die hoofleiers te kies.
“Ek is vol vertroue dat die nuwe VLR vir 2017 hul goed van hul taak sal kwyt en dit wat van hul verwag word uitstekend sal kan verrig.
“Hulle sal ‘n uitstaande voorbeeld wees vir hul medeleerders,” het hy met trots gesê.
Armich Lottering en Ronay Delport is aangewys as die skool se nuwe hoofleiers.
Armich Lottering en Ronay Delport is as Tom Naudé se nuwe hoofleiers aangewys.
Wessel Cronjé, Tom Naudé leerkrag, wens die nuwe VLR van die skool en die koshuis VLR geluk.
Tom Naudé se VLR vir 2017 is verlede Woensdagaand in die skoolsaal tydens die tradisionele kersligseremonie ingehuldig.
Dirk Markgraaff (koshuishoof) saam met die nuwe hoofseun van die koshuis, Prince Mulea.
Die nuwe VLR van Tom Naudé is verlede Woensdagaand tydens die tradisionele kersligseremonie ingehuldig.
Armich Lottering (2017 hoofseun) lewer sy toespraak tydens die tradisionele kersligseremonie by Tom Naudé om die nuwe leiers in te huldig.