NewsSchools

Noordskool se 2017 leiers aangekondig

Noordskool het onlangs hul leiers en hoofleiers vir 2017 aangekondig.

POLOKWANE – Die nuwe leiers is tydens ‘n spesiale geleentheid by die skool aangekondig waatydens hulle deur die skoolhoof, Attie Visagie, en hul ouers geluk gewens is op hul spogprestasie.

Die hoofleiers is: Leischen Harmse (hoofmeisie), Chantelle Lyle (onderhoofmeisie), Lungile Hlengane (hoofseun), en Karabo Masemola (onderhoofseun).

Die meisiesleiers is: Onthatile Molepo, Mmathabi Mahlobogwane, Monzinique Heyman, Moloko Mokgawa, Kearabetswe Tlagadi, Mosa Senosha, Adrie Hendriks, Katlego Malungani, Phumi Mphahlele, Bonolo Maleka, Leischen Harmse, Chantelle Lyle, Mulalo Maphutha, en Meron Berhane.

Die seunsleiers is: Tiaan Posthumus, Lorenzo Buys, Ian Duvenhage, Lungile Hlengane, Karabo Masemola, Sibusiso Mahlangu, Revern Lawrence, Patego Ledwaba, Lefa Mabela, Abo Saasa, Zwanga Netshitomboni, Puleng Matlala, Lesedi Sethosa, en Chidubem Collins.

Visagie het die nuwe leiers hartlik welkom gebied en hulle sterkte toegewens vir die komende skooljaar.

“Ons is almal baie trots op hulle en is seker hulle gaan die skool se vaandel hoog laat brand in die komende skooljaar en ‘n uitstekende voorbeeld vir hul medeleerders wees,” het hy gesê.

riana@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button