Kia Bosveld Rugbyfees vier sesde bestaansjaar
Skolerugbygeesdriftiges is in hul element met die Kia Bosveld Rugbyfees wat verlede week weer afgeskop het. Die eerste ronde van dié toernooi wat jaarliks deur Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied word, is verlede Woensdag by die skool gespeel en die tweede ronde het gister (Woensdag) plaasgevind. Vanjaar vier PHS en Kia Polokwane die sesde bestaansjaar van …

Skolerugbygeesdriftiges is in hul element met die Kia Bosveld Rugbyfees wat verlede week weer afgeskop het.
Die eerste ronde van dié toernooi wat jaarliks deur Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied word, is verlede Woensdag by die skool gespeel en die tweede ronde het gister (Woensdag) plaasgevind.
Vanjaar vier PHS en Kia Polokwane die sesde bestaansjaar van hierdie rugbybonanza waar ouers, leerders en toeskouers vir drie weke lank elke Woensdag op goeie hardlooprugby trakteer word.
Byna 440 seuns neem aan die fees deel en sluit spanne van Pietersburg Laerskool, Laerskool Pietersburg-Oos, Laerskool Krugerpark, Laerskool Pietersburg-Noord Primary, PHS, Northern Academy Secondary School, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Frans du Toit, Hoërskool Hans Strijdom, Hoërskool Frikkie Meyer en Hoërskool Nylstroom in. PHS nooi belangstellendes om volgende Woensdag se wedstryde by te woon en die seuns te ondersteun. Kaartjies kos R10 per persoon en R20 per voertuig en eetgoed en koeldrank word verkoop.
Uitslae van die eerste ronde:
Laerskole
Oosskool 29-0 Noordskool
Suidskool 0-5 Krugerpark
o.17-spanne
Rangers 29-17 Northern Academy
Frikkie Meyer 33-3 Louis Trichardt
Frans du Toit 7-41 Tom Naudé
Hans Strijdom 52-3 Nylstroom
PHS 53-0 Barbarians
o.15-spanne
Frikkie Meyer 91-0 Northern Academy
Hans Strijdom 52-3 Nylstroom
PHS 83-0 Louis Trichardt
Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Hooffoto: Henry van Wyk van Suidskool se eerstespan kyk sy opponent in die oë.








