NewsSchools

Kia Bosveld Rugby­fees vier sesde bestaansjaar

Skolerugbygeesdriftiges is in hul element met die Kia Bosveld Rugbyfees wat verlede week weer afgeskop het. Die eerste ronde van dié toernooi wat jaarliks deur Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied word, is verlede Woensdag by die skool gespeel en die tweede ronde het gister (Woensdag) plaasgevind. Vanjaar vier PHS en Kia Polokwane die sesde bestaansjaar van …

Skolerugbygeesdriftiges is in hul element met die Kia Bosveld Rugbyfees wat verlede week weer afgeskop het.
Die eerste ronde van dié toernooi wat jaarliks deur Hoërskool Pietersburg (PHS) aangebied word, is verlede Woensdag by die skool gespeel en die tweede ronde het gister (Woensdag) plaasgevind.
Vanjaar vier PHS en Kia Polokwane die sesde bestaansjaar van hierdie rugbybonanza waar ouers, leerders en toeskouers vir drie weke lank elke Woensdag op goeie hardlooprugby trakteer word.
Byna 440 seuns neem aan die fees deel en sluit spanne van Pietersburg Laerskool, Laerskool Pietersburg-Oos, Laerskool Krugerpark, Laerskool Pietersburg-Noord Primary, PHS, Northern Academy Secondary School, Hoërskool Louis Trichardt, Hoërskool Frans du Toit, Hoërskool Hans Strijdom, Hoërskool Frikkie Meyer en Hoërskool Nylstroom in. PHS nooi belangstellendes om volgende Woensdag se wedstryde by te woon en die seuns te ondersteun. Kaartjies kos R10 per persoon en R20 per voertuig en eetgoed en koeldrank word verkoop.
Uitslae van die eerste ronde:
Laerskole
Oosskool 29-0 Noordskool
Suidskool 0-5 Krugerpark
o.17-spanne
Rangers 29-17 Northern Academy
Frikkie Meyer 33-3 Louis Trichardt
Frans du Toit 7-41 Tom Naudé
Hans Strijdom 52-3 Nylstroom
PHS 53-0 Barbarians
o.15-spanne
Frikkie Meyer 91-0 Northern Academy
Hans Strijdom 52-3 Nylstroom
PHS 83-0 Louis Trichardt

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

 

Hooffoto: Henry van Wyk van Suidskool se eerstespan kyk sy opponent in die oë.

Gerhard Venter, o.15, van PHS laat waai tot by die doellyn.
Gerhard Venter, o.15, van PHS laat waai tot by die doellyn.
Tommie, Koketso Melepo, o.15, gebruik ‘n gaping in sy opponente se verdediging.
Tommie, Koketso Melepo, o.15, gebruik ‘n gaping in sy opponente se verdediging.
Eerstespanspeler, Pieter Smit van Suidskool word in sy spore gestuit.
Eerstespanspeler, Pieter Smit van Suidskool word in sy spore gestuit.
Taylor du Plessis, o.15, van PHS duik oor die doellyn.
Taylor du Plessis, o.15, van PHS duik oor die doellyn.
Tom Naudé se Herman Potgieter, o.15, breek los uit sy teenstanders se kloue.
Tom Naudé se Herman Potgieter, o.15, breek los uit sy teenstanders se kloue.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button