Local NewsNews

‘n Huis en hart vol kathare

Katliefhebbers weet dat alhoewel katte vir hulself kan sorg, is dit nie so maklik om hulle saam op vakansie te neem nie.

POLOKWANE – In teenstelling met honde, ry katte nie met hul eienaars rond nie; hulle verkies om by die huis, waar hulle baas is, te bly.

As oplossing vir kateienaars wie met vakansie wil gaan en nie hulle katkinders kan saamneem nie en ook nie iemand het om hulle op te pas nie, het Leinatra Coetzer besluit om ‘n lodge vir katte by haar huis te skep.

“Ek het ‘n groot liefde vir katte en ek het altyd die rondloperkatte by my vorige werkplek versorg. Ek wil al vir ‘n geruime tyd ‘n kat lodge oopmaak maar het eers onlangs die geleentheid gekry om dit te doen,” vertel sy.

Sy vertel dat die lodge vernoem is na haar hond, Dusty, wat onlangs oorlede is.

“Ek het twee kamers, een vir mannetjies en een vir wyfies, waarin die katte bly terwyl hul eienaars op reis is.

“Hier is vir hulle ‘n sandbak sodat hulle nie uit die huis uit hoef te gaan nie asook speelgoed en warm slaapplek. Elke kamer het ‘n krappaal waar die katte hulle naels kan skoonmaak. Ek gee die katte elke dag vars kos en water, die eienaars het die opsie om self kos te bring as ek na hulle katte omsien, of van die kos wat ek beskikbaar het gebruik te maak. Ek speel ook elke dag met die katte wat in my sorg is.”

Sy vertel dat sy uit en uit ‘n kat-mens is en dat sy ongelooflik lief is vir katte.

Leinatra verduidelik dat daar op die oomblik nie katte is na wie sy omsien nie maar die lodge is wel vol bespreek vir Desember.

“Ek sien uit daarna om na die katte te kyk en sodoende nuwe katvriende te maak,” sê sy.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button