POLOKWANE – Dit is ‘n 10-dag toer waartydens die leerders Italië, Oostenryk en Duitsland sal besoek waar hulle in verskeie katedrale gaan sing.
Die koor het hul laaste optrede voor die toer gehou Vrydag, 23 September by die Sterpark-ouditorium in Vegastraat gehou waartydens hulle verskeie van die liedjies wat hulle op toer sal voordra, gesing het.
“Ons is baie opgewonde en sal almal tuis op hoogte hou met ons optredes,” vertel Johan Marx, onderwyser en organiseerder van die toer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



