Pieties skitter by wetenskap, tegnologie kompetisie
Jong opkomende wetenskaplikes van Hoërskool Pietersburg (PHS) se innoverende denke en uitgebreide kennis het aan hulle verskeie kategoriepryse tydens die jaarlikse Tritech Wetenskap- en Tegnologiekompetisie besorg en leerders het nege goue en drie silwermedaljes verower. Zydra Hattingh het as juniorkategoriewenner vir lewenswetenskappe uitgetree terwyl Jean-Pierre Viljoen en Ivan Beukes saamgewerk het om die seniorafdeling van …

Jong opkomende wetenskaplikes van Hoërskool Pietersburg (PHS) se innoverende denke en uitgebreide kennis het aan hulle verskeie kategoriepryse tydens die jaarlikse Tritech Wetenskap- en Tegnologiekompetisie besorg en leerders het nege goue en drie silwermedaljes verower.
Zydra Hattingh het as juniorkategoriewenner vir lewenswetenskappe uitgetree terwyl Jean-Pierre Viljoen en Ivan Beukes saamgewerk het om die seniorafdeling van hierdie afdeling te wen. Al drie het goue medaljes verower.
Shane Anders en Lize van Straaten het ook goue medaljes gewen en is as naaswenners in die seniorkategorie vir omgewing- en sosiale wetenskappe aangewys. Marnu Pelser is die naaswenner van die uitdagende seniorkategorie vir wiskunde en wetenskaptegnologie en het ‘n silwermedalje verower.
Carli Malan het ook ‘n goue medalje gewen, terwyl Surina van Zyl en Carla Klopper met silwermedaljes weggestap het.
Marlise Geddes en Megan van Rensburg het as span elk ‘n goue medalje gewen en is ook as kategoriewenners van die seniorkategorie vir omgewing- en sosiale wetenskappe aangewys.
Die Tritech-kompetisie word sedert 2009 vir leerders van graad 7 tot 12 gehou om wetenskap en tegnologie-ontwikkeling op skoolvlak te bevorder en leerders te bemagtig om ingeligte studente te wees wat goed toegerus is vir tersiêre opleiding en wetenskaplike navorsing kan doen waarby moderne tegnologie geïnkorporeer is.
Projekte moet ‘n hipotese stel en toets, verklaar waarom dit werk, die nodige eksperimente en uitvindings daarstel en uiteindelik tot ‘n gevolgtrekking kom.
Story: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Featured photo: Pieties wat tydens die Tritech Wetenskap- en Tegnologiekompetisie presteer het, is Carli Malan, Marlise Geddes, Marnu Pelser, Pauli Burger, PHS-organiseerder en beoordelaar, en Charlotta Beukes, Tritech-beoordelaar. Agter is Zydra Hattingh, Surina van Zyl, Carla Klopper, Shane Anders, Lize van Straaten, Megan van Rensburg, Jean-Pierre Viljoen en Ivan Beukes (photo supplied).



