NewsSchools

Pieties se jukskeispelers maak naam

Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.16A-meisiejukskeispan het onlangs aan die Administrateursbeker in Pretoria deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt. Die span het teen verskeie spanne van die noordelike streek Suid-Afrika kragte gemeet en ‘n algehele tweede plek behaal. PHS-skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman sê die toernooi is soortgelyk aan die Noordvaal wat in ander sportkodes gespeel …

Hoërskool Pietersburg (PHS) se o.16A-meisiejukskeispan het onlangs aan die Administrateursbeker in Pretoria deelgeneem en hul goed van hul taak gekwyt.
Die span het teen verskeie spanne van die noordelike streek Suid-Afrika kragte gemeet en ‘n algehele tweede plek behaal. PHS-skakelbeampte, Anna-Marié Schoeman sê die toernooi is soortgelyk aan die Noordvaal wat in ander sportkodes gespeel word.
Vyf jukskeispelers van PHS, Pieter-Jan Gouws, Julana Moelich, Danielle Ray en Danica Ray het ook onlangs provinsiale kleure verwerf.

Storie en foto’s: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com

Hooffoto: Die o.16-meisiejukskeispan het ‘n silwermedalje tydens die jaarlikse Administrateursbeker verower. Hulle is Mikyala Taylor, Yolandi Smith, Julana Moelich, Danielle Ray en Danica Ray. 

Jukskeispelers wat onlangs Limpopo-kleure verwerf het, is Pieter-Jan Gouws, Julana Moelich, Danielle Ray en Danica Ray.
Jukskeispelers wat onlangs Limpopo-kleure verwerf het, is Pieter-Jan Gouws, Julana Moelich, Danielle Ray en Danica Ray.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button