NewsSchools

Whatsapp vergemaklik kommunikasie in skole

Kommunikasie tussen leerders, hul ouers en onderwysers word by die dag beter en makliker met die hulp van Whatsapp.

POLOKWANE – Review het met personeel en die hoof van Laerskool Pietersburg-Noord gesels oor hoe belangrik dit is dat daar ‘n ingestelde sisteem is vir komunikasie van die skool na die ouers en van die ouers na die skool en selfs tussen die skoolhoof en die personeel.

Skoolhoof Attie Visagie het aan Review vertel dat dit vir hom baie makliker is om vinnig met van sy personeel te gesels oor Whatsapp eerder as om ‘n vergadering te hou.

“Dit maak reëlings makliker en selfs die oplos van ‘n probleem kan baie vinniger gebeur omdat kommunikasie spoedig plaasvind,” vertel Visagie.

Skakelbeamptes van die skool, Etricia Otto en Sumarie Prinsloo vertel dat veral kommunikasie met die media baie makliker is met middele soos Whatsapp omdat daar is nie altyd tyd is om iemand te bel nie. “Dit help ook om ‘n hele paar mense op dieselfde tyd in kennis te stel oor iets wat by die skool gaan gebeur. Dit is soms so besig by die skool dat daar nie tyd is om vir elke persoon in te lig oor iets nie en daarom kom die stig van ‘n Whatsapp groep baie handig in,” vertel Otto.

Daar is selfs ook Whatsapp-klasgroepe gestig wat help dat die onderwysers veral huiswerk of leerwerk aan die ouers kan deurgee.

riana@nmgroup.co.za

For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter
For more breaking news visit us on ReviewOnline and CapricornReview or follow us on Facebook or Twitter

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button