Kleuters vermaak met mimiek, dans
Geklee in spoggerige kostuums het die kleuters van Erica Pre-primêre Skool onlangs ‘n entoesiastiese gehoor in die volgepakte saal van die NG Kerk Pietersburg-Noord in vervoering gehad. Elke klas het hul ouers, familie en vriende met mimiek, dans en gedramatiseerde bewegings op die maat van musiek vermaak. Graad R-leerders het die verwelkoming en aankondigings asook …

Geklee in spoggerige kostuums het die kleuters van Erica Pre-primêre Skool onlangs ‘n entoesiastiese gehoor in die volgepakte saal van die NG Kerk Pietersburg-Noord in vervoering gehad.
Elke klas het hul ouers, familie en vriende met mimiek, dans en gedramatiseerde bewegings op die maat van musiek vermaak. Graad R-leerders het die verwelkoming en aankondigings asook bedankings gedoen en hul uitstekend van hul taak gekwyt.
Heelwat van die kleingoed het eers bekende gesigte in die saal gesoek wanneer hul op die verhoog gestap het en dan met stralende gesiggies gewaai.
‘n Paar kleuters se moed het hulle begewe toe hulle op die verhoog moes stap en onderwysers moes help trane afvee.
Gehoorgunstelinge het liedjies soos Lollos se ‘Skoert vlieg!’ en die ‘Leeuloop’ ingesluit. Daar was ook ernstiger oomblike met liedjies soos Bok van Blerk se ‘Huil soos ‘n man’ en ‘Hardekole’.
Elke leerder het aan die einde van die aand op die verhoog verskyn om hul finale buiging te maak.
Storie en foto’s: NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com
Hooffoto: Juanita van Tonder, Ester van Staden en Chyann Britz.











