NewsSchools

Osies netbalafrigter wen spog titel

Yolandi is bewys dat harde werk vrugte dra

POLOKWANE – Yolandi Cilliers is ‘n gerekende netbalafrigter en onderwyser by Oosskool.

Sy is vanjaar, tydens dié skool se sportprysuitdeling, as Netbalafrigter van die Jaar aangewys en beloon met ‘n trofee wat haar suster, Inge, jare vroeër aan die skool geskenk het.

Maar netbal was nie altyd in Yolandi se visier nie.

“Ek het meer in kultuuraktiwiteite belanggestel. As onderwysstudent het ek gedink ek sal betrokke wees by koor, revue of redenaars, maar toe ek by Oosskool begin skoolhou het was ek ingedeel om netbal af te rig,” verduidelik Yolandi.

Sy vertel dit was aanvanklik glad nie vir haar lekker nie omdat sy dikwels nutteloos en magteloos by oefeninge gevoel het.

Maar hoe meer sy van die sportsoort geleer het, hoe meer het sy daarvan begin hou.

“Ek het aan die einde van 2014 saam met een van die onderwysers, Pamela Vercueil, begin afrig en sy het my geesdrif en gewilligheid om te leer, raakgesien. Sy het my gereeld tydens oefeninge saam met haar op die baan genooi en vir my verduidelik wat sy doen, waarvoor om te kyk en hoekom sy vir die meisies sê wat sy sê. Terwyl sy besig was om netbal af te rig het sy aktief moeite gedoen om my te leer hoe om self af te rig en ‘n skeidsregter te wees.”

Sy sê Pamela het haar bemagtig en aangemoedig om besluite te maak sonder dat Pamela dit voor skryf. “Eerder as om my op my foute te kritiseer het sy dit wat ek reg gedoen het, raakgesien. Toe ek begin het om netbal af te rig het ek slegs basiese kennis van die reëls gehad. Ek kon darem gereeld vra vir hulp en ondersteuning by ‘n vriendelike mentor.”

Einde verlede jaar het Yolandi vanjaar se o/11A-span “geërf” en met slegs twee jaar as netbalafrigter agter haar naam, was dit ‘n groot voorreg met ‘n selfs nóg groter verantwoordelikheid.

Sy vertel dat met baie raad, hulp en ondersteuning van Pamela en haar suster Inge, die o/11A-span vanjaar die Limpopo-liga gewen.

Tydens die Junie skoolvakansie het sy ook by die skole SA’s haar skeidsregtergradering gedoen en ‘n C+ behaal.

“Ek geniet netbal omdat dit vir my die geleentheid bied om myself te verbeter en iets nuuts te leer. Die positiewe kritiek en aktiewe belangstelling van mense wie so baie netbalkennis het beteken vir my ongelooflik baie.

Yolandi Cilliers (agter in die middel) saam met haar o/11A-span.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button