NewsSchools

Kontreifees se sukses lê in samesyn

Van vroegoggend tot laataand het leerders, personeel, oudleerders, ouers, vriende en familie Saterdag heerlik by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se Kontreifees saam gespeel en gekuier. Die dag het wyduiteenlopende aktiwiteite met twee pretdrawwe, ‘n fietsrit, 4×4-kursus, damestee en kolwyntjieversiering ingesluit. Na sononder het oud en jonk ‘n osbraai geniet terwyl groot name in Afrikaanse musiek, Mathys …

Van vroegoggend tot laataand het leerders, personeel, oudleerders, ouers, vriende en familie Saterdag heerlik by Laerskool Pietersburg-Oos (Oosskool) se Kontreifees saam gespeel en gekuier.
Die dag het wyduiteenlopende aktiwiteite met twee pretdrawwe, ‘n fietsrit, 4×4-kursus, damestee en kolwyntjieversiering ingesluit. Na sononder het oud en jonk ‘n osbraai geniet terwyl groot name in Afrikaanse musiek, Mathys Roets, Matthys Maree en Anna Davel vermaak verskaf het. Sowat 200 entoesias­tiese deelnemers het aan die 2-in-1 wedloop deelgeneem wat deur Polokwane Atletiekklub aangebied is. Volgens Jason Stander, Oosskoolouer, eienaar van Jason Stander Optometrists en prysborg was dit ‘n gemaklike roete wat deelnemers terdeë geniet het.
BB Auto het ‘n 4×4-kursus by die Polo­kwane 4×4-baan aangebied en deelnemers het mekaar goed tussen die hindernisse en slaggate leer ken.
Tydens die damestee het voormalige Polo­kwane-inwoner en Kokkedoorwenner 2014, Johnny Hamman gewys hoe om ‘n Viëtnamese broodbakkie met ‘n vulsel te maak. Elke tafel se gasvrou moes ‘n rysslaai voorberei en Celeste Nel-Fouché is as wenner aangewys. Carina Bronkhorst en Yana Mockford se tafel was die mooiste gedek.
Plaaslike gesondheidsraadgewer, Christine Venter het ook oor gesonde eetgewoontes gepraat. Amiel Robbertze het die kolwyntjieversiering-kompetisie gewen en met ‘n Bluetooth luidspreker weggestap.
Tydens die osbraai is Vriende van Oosskool bekendgestel. Dié organisasie het dit ten doel om geld in te samel wat ten bate van die skool sowel as minderbevoorregte leerders aangewend sal word.
Beheerliggaamvoorsitter, Andri Weyer het sy dank teenoor die organiseerders en ouers uitgespreek en gesê die Kontreifees word ‘n jaarlikse instelling.

Storie en foto’s: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za

Hooffoto: Johnny Hamman besig met ‘n kookdemonstrasie.

Anna Davel en Matthys Roets tydens die osbraai.
Anna Davel en Matthys Roets tydens die osbraai.
Amiel Robbertze het sy kolwyntjie die beste versier.
Amiel Robbertze het sy kolwyntjie die beste versier.
Pianis en musiekregisseur, Matthys Maree.
Pianis en musiekregisseur, Matthys Maree.
Jeannie Owens (PAC) is die vrouewenner in die meesters­afdeling en Stander.
Jeannie Owens (PAC) is die vrouewenner in die meesters­afdeling en Stander.
Grootmeesterwenners, Felicity Robberts en Liliana Mazzaro. In die middel is Jason Stander wat die pryse oorhandig het.
Grootmeesterwenners, Felicity Robberts en Liliana Mazzaro. In die middel is Jason Stander wat die pryse oorhandig het.
Phuti Mohale van Pietersburg Road Runners (PRR) het die  10 km-wedloop gewen. Langs hom is Jason Stander. Foto’s: Verskaf
Phuti Mohale van Pietersburg Road Runners (PRR) het die
10 km-wedloop gewen. Langs hom is Jason Stander. Foto’s: Verskaf
Naaswenner in die veteraanaf­deling is Colinda Potgieter van PRR en Jason Stander van Jason Stander Optometrists.
Naaswenner in die veteraanaf­deling is Colinda Potgieter van PRR en Jason Stander van Jason Stander Optometrists.
Hesté Wentzel, organiseerder van die Damestee en Johnny Hamman.
Hesté Wentzel, organiseerder van die Damestee en Johnny Hamman.
Die osbraai het Kruger-familie­kuiertyd verseker. Links is Lizette, Johan en Marinda en Man­nie, Johan en Christine agter.
Die osbraai het Kruger-familie­kuiertyd verseker. Links is Lizette, Johan en Marinda en Man­nie, Johan en Christine agter.
‘n Viertrekvoertuig durf die wal aan tydens BB Auto se 4x4-kursus. Foto: Barry Viljoen
‘n Viertrekvoertuig durf die wal aan tydens BB Auto se 4×4-kursus. Foto: Barry Viljoen

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button