Otto’s Diesel Centre lewer dekade van uitstekende diens
Oor die afgelope dekade het Otto’s Diesel Centre ‘n reputasie van eerlikheid, betroubaarheid, goeie kwaliteit en uitstekende dienslewering opgebou. Die vooruitstrewende familiebesigheid bied die beste diens teen bekostigbare pryse. Weens hierdie redes vier Otto’s Diesel Centre hul 10de herdenking in Oktober na ‘n nederige begin in 2006. In 2012 het hul na ‘n nuwe perseel …

Oor die afgelope dekade het Otto’s Diesel Centre ‘n reputasie van eerlikheid, betroubaarheid, goeie kwaliteit en uitstekende dienslewering opgebou.
Die vooruitstrewende familiebesigheid bied die beste diens teen bekostigbare pryse. Weens hierdie redes vier Otto’s Diesel Centre hul 10de herdenking in Oktober na ‘n nederige begin in 2006.
In 2012 het hul na ‘n nuwe perseel in Industria verskuif en hul dienste uitgebrei. Wanneer mens vandag na die huidige onberispelike, tog baie besige werkwinkel en pompkamer by Vermikulietstraat 68 in Laboria kyk, is dit duidelik dat die Müller-familie, Otto snr, Antoinette en Otto jnr die leisels stewig in hul hande het.
Otto’s Diesel Centre het in 2014 na hierdie indrukwekkende perseel met volop veilige parkeerplek en werkplek verskuif.
Otto snr is trots op sy personeel en dankbaar vir hulle toewyding en lojaliteit. “Die besigheid het jaarliks gegroei en ons diensgehalte het verbeter. Ons bedien tans die hele provinsie en het selfs kliënte in Pretoria.”
Kliëntetevredenheid is ononderhandelbaar. Daarom sorg hy en Otto jnr dat alle werk van hoogstaande gehalte is en behoorlik gekontroleer word. Hy het ook sy besigheid van meet af aan die Here opgedra.
Otto’s Diesel Centre spesialiseer in die herstel, diens en herbou van diesel- en petrolvoertuie, kommersiële-, industriële, ligte en swaarvoertuie en grondverskuiwingsmasjinerie. Die diens en herstel van dieselpompe, turbo-aanjaers, brandstofinspuiters en enjins is vir hul kinderspeletjies danksy die spesiale toetsbanke wat in die werkswinkel beskikbaar is.
Antoinette besit ook ‘n drukkerswinkel, Deo Gloria Signs, op die perseel wat sy saam met mede-eienaar Sumarie van Heerden bestuur. “Ons kan enige drukwerk waarvoor ons kliënte vra doen,” vertel die twee geesdriftige entrepreneurs trots.
Die eienaars, bestuur en personeel van Otto’s Diesel Centre is gemeenskapsbewus en konstant by liefdadigheids- en ander organisasies betrokke. In Junie het hulle die prys vir die beste uitstalling by die Polokwane Skou en Musiekfees gewen en meer onlangs het die hele span hul deel vir Kansa gedoen tydens die jaarlikse Kansa Relay For Life.
Skakel Otto’s Diesel Centre by 015 297 0532, 015 007 0681 of 082 583 0900. Hulle het ook ‘n baie gerieflike terugbeldiens. Kliënte kan bloot die terugbelvorm op hul webblad, www.ottos.co.za invul en vir ‘n oproep wag.
Storie en foto’s: MARKI FRANKEN
>>marki.observer@gmail.com
Hooffoto: Die Müller-familie, Otto snr, Antoinette en Otto jnr het die leisels by Otto’s Diesel Services stewig in hul hande.

















