Kruinies vier lente met dans
Die mooiste maand, Oktober is Donderdagaand met Curro Heuwelkruin se jaarlikse lentedans vir hoërskoolleerders gevier al het ‘n ysige oostewind gewaai. Die atmosfeer in die vierkant was warm en vrolik en paartjies kon hul gou warm dans op maat van die vrolike musiek. Heerlike eet- en drinkgoed was te koop en onderwysers het ‘n oog …

Die mooiste maand, Oktober is Donderdagaand met Curro Heuwelkruin se jaarlikse lentedans vir hoërskoolleerders gevier al het ‘n ysige oostewind gewaai. Die atmosfeer in die vierkant was warm en vrolik en paartjies kon hul gou warm dans op maat van die vrolike musiek.
Heerlike eet- en drinkgoed was te koop en onderwysers het ‘n oog oor die pret gehou totdat die leerders huiswaarts gekeer het.
Paartjies soos Kaela Steyn en Louw Claasssens asook Ruben Nieuwoudt en Luca Prenzler het soos wafferse baldanskampioene met hulle grasieuse passies aandag getrek.
Storie en foto’s: NELIE ERASMUS
>>nelie.observer@gmail.com
Hooffoto: Kaela Steyn en Louw Claassens laat nie op hulle wag tydens Curro Heuwelkruin se lentedans nie.









