NewsSchools

Osies ondersteun hul entrepreneurs

Gr. R-leerders van Oosskool het op Vrydag, 21 Oktober, hul verkooptegnieke op die proef gestel tydens hul jaarlikse markdag.

POLOKWANE – Opgewonde gr. R-leerders en hul ouers het reeds vroegoggend begin stalletjies opstel en die kleuters van Osieteddies Kleinkindontwikkelingsentrum was hul eerste kliënte.
Produkte wat te koop was het gewissel van soetgoed en pizza tot goudvisse en paddavisse.
Die gebruiklike stalletjies waar leerders hul hare kon “spuitverf”, was ook gewild.
Die skielike reënbui wat deur die oggend uitgesak het, het geensins die leerders se vreugde en opgewondenheid geblus nie, en kort daarna het die pannekoekstalletjie behoorlik begin geldmaak.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button