Brendan Peyper sing vir Alex van Dyk-fonds
Die gehoor het Saterdag die gewilde sanger, Brendan Peyper se energieke sangvertoning terdeë geniet en luidkeels saamgesing toe Peyper van sy treffers soos ‘Stop, wag, bly nog ‘n bietjie’ en ‘Drukkie vir my boeremeisie’ gesing het. Van Dyk se suster, Alice het die konsert gereël omdat sy dit haar lewenstaak gemaak om geld vir nuwe …

Die gehoor het Saterdag die gewilde sanger, Brendan Peyper se energieke sangvertoning terdeë geniet en luidkeels saamgesing toe Peyper van sy treffers soos ‘Stop, wag, bly nog ‘n bietjie’ en ‘Drukkie vir my boeremeisie’ gesing het.
Van Dyk se suster, Alice het die konsert gereël omdat sy dit haar lewenstaak gemaak om geld vir nuwe prosteses vir Alex in te samel sodat hy saam met sy vriende aan sportbyeenkomste kan deelneem.
Anton Kilian, wat ‘n deel van sy linkerbeen in Julie verloor het, het die geleentheid saam met sy vrou, Retha bygewoon. Die egpaar ondersteun die inisiatief want hulle wil graag sien dat Alex saam met sy tweelingbroer, Gawie aan sportaktiwiteite kan deelneem.
Van Dyk het R270 000 nodig om die nodige prosteses aan te skaf.
Storie en foto’s: Alet-Elize van Jaarsveld
>>alet-elize@observer.co.za
Hooffoto: Brendan Peyper Saterdag op die verhoog.







