Kruinies se kultuursterre, topatlete vereer
Na ‘n lang jaar van harde werk op kultuur- en sportgebied het Curro Heuwelkruin hoër- en laerskoolleerders tydens hul onlangse prestasietoekennings vir uitnemende prestasies vereer. Op kultuurgebied is laerskoolleerders, Dorijke du Toit as Kultuurster van die Jaar aangewys terwyl Mia Meyer die toekenning as Kultuurpersoonlikheid van die Jaar ontvang het. Dit was geen verrassing dat …
Na ‘n lang jaar van harde werk op kultuur- en sportgebied het Curro Heuwelkruin hoër- en laerskoolleerders tydens hul onlangse prestasietoekennings vir uitnemende prestasies vereer.
Op kultuurgebied is laerskoolleerders, Dorijke du Toit as Kultuurster van die Jaar aangewys terwyl Mia Meyer die toekenning as Kultuurpersoonlikheid van die Jaar ontvang het. Dit was geen verrassing dat Rudolph Oosthuizen en Thabang Mashiane albei as die hoërskool se Kultuurster van die Jaar aangewys is nie. Thabang ontvang ook die trofee as Kultuurpersoonlikheid van die Jaar.
Die laerskoolleerders wat in sport uitgeblink het, is Lené van As en Charmoné Oosthuizen, beste prestasie buite skoolverband vir stoei; Tania Rosslee en Jan Hendrik Nieuwoudt, Sportster van die Jaar; Odine Swanepoel, Sportmeisie van die Jaar en Jan-Lou de Beer, Sportseun van die Jaar.
Verskeie trofeë is ook aan hoërskoolsportsterre gemaak. Hulle is Marisa de Lange, Tennisspeler van die Jaar; Moné McCabe, beste prestasie buite skoolverband in skerm; Ashleigh Hunter en Stefan Nel, Sportster van die Jaar en Kayla Spies, Sportmeisie van die Jaar.
Stefan word ook as Sportseun van die Jaar aangewys en ontvang die hoogste toekenning, die Rektorsmedalje, vir sy prestasie in spiesgooi.
Storie: RC Myburgh
>>rc.observer@gmail.com
Hooffoto: Laerskool Kultuurpersoonlikheid van die Jaar is Mia Meyer. (foto’s verskaf)