NewsSchools

Marné Ebersohn leerders blink uit

Verskeie van Marné Ebersohn Akademie se leerders het in buitemuurse aktiwiteite uitgeblink en gewys dat dié skool nie net akademiese uitblinkers kan lewer nie.

POLOKWANE – Maegan en Rochelle Gilburt het onlangs hul modelwerk tydens die Summerstar Sping Festival ten toon gestel waar Rochelle ‘n derde plek en Maegan ‘n vierde plek opgeraap het.

Heinrich Meyer het na sy deelname aan die o/13 BCVO Suid-Afrikaanse krieketproewe ‘n plek in die B-span losgeslaan.

Herman Nieman het waarlik gewys wat steek in die gesegde klein maar getrein toe hy tydens die Suid-Afrikaanse Skopbokskampioenskappe in Kaapstad ‘n vierde plek in die o/7-kategorie verower het.

Tydens die onlangse Suid-Afrikaanse Misty Meadows Dressing vir perdry het Heinrich Jannasch 58% behaal en ‘n 13de plek opgeraap.

Michaela Partridge het by die Penpritte sentrum vir perdry deelgeneem waar sy twee eerste plekke en twee tweede plekke verower het.

calvyn@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button