NewsSchools

Noordskool-trollieresies laaste opskop voor eksamen begin

Die netbalbane van Laerskool Pietersburg-Noord Primary (Noordskool) is Vrydag in ‘n renbaan omskep waar leerders vir die jaarlikse trollieresies aangetree het. Die pretaktiwiteit het aan leerders geleentheid gegee om van oortollige energie ontslae te raak en die bloed te laat pomp voordat die eksamen in alle erns begin. Elke graadgroep het vier spanne ingeskryf en …

Die netbalbane van Laerskool Pietersburg-Noord Primary (Noordskool) is Vrydag in ‘n renbaan omskep waar leerders vir die jaarlikse trollieresies aangetree het.

Die pretaktiwiteit het aan leerders geleentheid gegee om van oortollige energie ontslae te raak en die bloed te laat pomp voordat die eksamen in alle erns begin.

Elke graadgroep het vier spanne ingeskryf en die leerders kon as individue of in groepe agter die trollies inskuif. Omdat die klem op pret geval het, is geen wenners aangewys nie.

Skoolhoof, Attie Visagie het as ‘n baanbeampte opgetree en sy hande vol gehad om die deelnemers se opgewondenheid te beteuel en moes ook help om die jonger deelnemers touwys te maak.

“Die resies was ‘n groot sukses, want die leerders het dit oneindig baie geniet. Deelnemers het na die inspanning in die skool se swembad afgekoel,” het Visagie gesê.

Storie en foto’s: BARRY VILJOEN
>>barryv.observer@gmail.com

Hooffoto: Skoolhoof, Attie Visagie lei graad 1-leerders om die baan om hulle vertroud met die roete  te maak. 

Leerkragte, Soekie Joubert, in die trollie en Yvette de Wet.
Leerkragte, Soekie Joubert, in die trollie en Yvette de Wet.
Jovan Freeman, Beyoncé Lukas en Michelle Kayser met ‘n spanpoging.
Jovan Freeman, Beyoncé Lukas en Michelle Kayser met ‘n spanpoging.
Graad 7-leerders, Licha Titus, Meron Berhane, Rianka Janse van Vuuren en Ian Duvenhage stoot Christiaan Botha in hul spantrollie.
Graad 7-leerders, Licha Titus, Meron Berhane, Rianka Janse van Vuuren en Ian Duvenhage stoot Christiaan Botha in hul spantrollie.
Michelle Kayser in die trollie. Agter is Beyoncé Lukas, Phumi Mphahlele, Guilvano Camisa, Moyababo Saasa en Adriaan Prinsloo.
Michelle Kayser in die trollie. Agter is Beyoncé Lukas, Phumi Mphahlele, Guilvano Camisa, Moyababo Saasa en Adriaan Prinsloo.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button