NewsSchools

Kruinies vereer hul uitblinkers in kultuur, op sportveld

Trotse ouers en onderwysers van Curro Heuwelkruin het met breë glimlagte toegekyk hoe leerders vir hul uitmuntende bydrae op kultuur- en sportgebied vereer is.

POLOKWANE – Dorijke du Toit is aangewys as die kultuurster van die jaar terwyl Mia Meyer as die kultuurpersoonlikheid van die jaar aangewys is.

Arno Horn en Thabang Mashiane deel die trofee vir die hoërskool kultuurster van die jaar en Thabang Mashiane is as die kultuurpersoonlikheid van die jaar aangewys.

Die sportpresteerders is as volg:

Laerskool:

• Lené van As en Charmoné Oosthuizen deel die trofee vir beste prestasie in sport buite skoolverband.

• Tania Rosslee en Jan Hendrik Nieuwoudt is aangewys as sportsterre van die jaar.

• Odine Swanepoel is aangewys as sportmeisie van die jaar.

• Jan-Lou de Beer is aangewys as sportseun van die jaar.

Hoërskool:

• Marisa de Lange is aangewys as die tennisspeler van die jaar.

• Moné McCabe ontvang die trofee vir beste prestasie in ‘n sport buite skoolverband.

• Ashleigh Hunter en Stefan Nel deel die sportster van die jaar trofee.

• Kayla Spies is aangewys as sportmeisie van die jaar.

• Stefan Nel is aangewys as sportseun van die jaar en ontvang die rektorsmedalje vir atletiek.

maretha@nmgroup.co.za

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Review in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button